Beginsels van die Agile Manifes



Ons volg die volgende beginsels:

Ons hoogste prioriteit is om die kliënt tevrede te stel
deur die vroegtydige en voortdurende lewering
van waardevolle sagteware.

Verwelkom veranderings in die behoeftes, selfs laat in die ontwikkelingsproses.
Agile se prosesse maak voorsiening vir verandering
ter wille van die kliënt se mededingende voordeel.

Lewer funksionele sagteware op ‘n gereelde basis,
van ‘n paar weke tot ‘n paar maande,
met ‘n voorkeur vir korter periodes.

Besigheidsmense en ontwikkelaars moet voortdurend,
en op ‘n daaglikse basis, saam werk aan projekte.

Bou projekte rondom gemotiveerde indiwidue.
Voorsien hulle van die nodige werksomstandighede en ondersteuning,
en vertrou dat hulle die werk kan doen.

Die doeltreffendste wyse om inligting aan
en binne ‘n ontwikkelingspan oor te dra,
is deur persoonlike interaksie.

Doeltreffende sagteware is die primêre maatstaf van vooruitgang.

Agile se prosesse bevorder volhoubare ontwikkeling.
Die borge, ontwikkelaars en gebruikers behoort in staat te wees
om onbepaald ‘n konstante tempo te handhaaf.

Volgehoue aandag aan tegniese voortreflikheid
en goeie ontwerpe bevorder behendigheid.

Eenvoud – die kuns om onafgehandelde werk
te maksimaliseer – is noodsaaklik.

Die beste argitektuur, behoeftes en ontwerpe
kom na vore vanuit self-georganiseerde spanne.

Die span neem sy situasie op ’n gereelde basis
in oënskou om doeltreffender te word
en pas sy aksies dan dienooreenkomstig aan.




Terug na Manifes